Die berig in gister se Beeld oor blankes wat die skool verlaat het my net weereens laat dink dat mens (en ek sluit myself nie uit nie) geneig is om na aanleiding van sulke berigte skuld te begin plaas. Sulke gedagtes en aksies is egter slegs deel van die probleem en nie van die oplossing nie.
Oplossings ? Ek wil graag hier my stuiwer in die arm beurs gooi. Ek gee hier my sienings oor oplossings ( van dit word toegepas – veral die negatiewes)
1. Gaan sit in sak en as en blameer alles om jou insluitend jou ma, pa en die regering. Uitkoms: Geen, behalwe dat jy die skuld verplaas het en nou nie meer so bekommerd is nie. ( Almal is mos in dieselfde bootjie) Ek het vir jou nuus : almal is nie!
- Word ‘n beroepsplakker in een van die baie blanke plakkerskampe.
- Bly by jou ouers totdat jy dalk eendag ‘n werk kry. Jy gaan waarskynlik gereeld klein en kort geleenthede kry.
- Kry ‘n borg en doen ‘n kort kursus oor Entrepreneurskap. Jy het nie matriek nie ? Wat daarvan ? Jy het jou talente en intelligensie – jy weet dalk net nie wat dit is nie.
- Begin jou eie besigheid – Besigheid het nie altyd baie geld nodig om te begin nie – net ‘n idee, ‘n gewilligheid om te waag en iemand wat jou dryf ( kry ‘n Mentor)
- Doen ‘n goeie Aanlegtoets en bepaal wat jou voorkeure in die lewe is. Die wat normaalweg in die skole gedoen word is baie keer nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.
Ek weet hierdie klink eenvoudig : Dit is Dis wanneer jy niks doen nie dat niks gebeur nie.
Alles kos geld – Kursusse, aanleg toetse, vervoer en ander. Kos en verblyf by jou ouers kos ook geld – Hulle s’n.
Niks doen kry kleintjies en dit is onder andere meer niks doen nie, wil nie iets doen nie , dwelms, diefstal, ongevraagde swangerskappe en ‘n hele paar ander.(Hoeveel tyd het jy om te luister? Ek het heelwat om te vertel)
Hierdie is nie ‘n “Commercial” nie maar ons kan moontlik help – Praat met my.(Dis gratis en verniet)