Skool verlaters sonder toekoms? (Engels : Bull)

Die berig in gister se Beeld oor blankes wat die skool verlaat het my net weereens laat dink dat mens (en ek sluit myself nie uit nie) geneig is om na aanleiding van sulke berigte skuld te begin plaas.   Sulke gedagtes en aksies is egter slegs deel van die probleem en nie van die oplossing nie.

 Oplossings ?  Ek wil graag hier my stuiwer in die arm beurs gooi.  Ek gee hier my sienings oor oplossings ( van dit word toegepas – veral die negatiewes)

    1.  Gaan sit in sak en as en blameer alles om jou insluitend jou ma, pa    en die regering.    Uitkoms:  Geen, behalwe dat jy die skuld verplaas het en nou nie meer so bekommerd is nie. ( Almal is mos in dieselfde bootjie)  Ek het vir jou nuus : almal is nie!

  1. Word ‘n beroepsplakker in een van die baie blanke plakkerskampe. 
  2. Bly by jou ouers totdat jy dalk eendag ‘n werk kry.  Jy gaan waarskynlik gereeld klein en kort geleenthede kry.  
  3. Kry ‘n borg en doen ‘n kort kursus oor Entrepreneurskap.  Jy het nie matriek nie ?  Wat daarvan ?  Jy het jou talente en intelligensie – jy weet dalk net nie wat dit is nie.
  4. Begin jou eie besigheid – Besigheid het nie altyd baie geld nodig om te begin nie – net ‘n idee, ‘n gewilligheid om te waag en iemand wat jou dryf ( kry ‘n Mentor)
  5. Doen ‘n goeie Aanlegtoets en bepaal wat jou voorkeure in die lewe is.  Die wat normaalweg in die skole gedoen word is baie keer nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

 Ek weet hierdie klink eenvoudig : Dit is   Dis wanneer jy niks doen nie dat  niks gebeur nie.

Alles kos geld – Kursusse, aanleg toetse, vervoer en ander.  Kos en verblyf by jou ouers kos ook geld – Hulle s’n.   

 Niks doen kry kleintjies en dit is onder andere meer niks doen nie, wil nie iets doen nie  , dwelms, diefstal, ongevraagde swangerskappe en ‘n hele paar ander.(Hoeveel tyd het jy om te luister?  Ek het heelwat om te vertel)

Hierdie is nie ‘n “Commercial” nie maar ons kan moontlik help – Praat met my.(Dis gratis en verniet)

 

 

Sonder blik of bloos – landing!

Goeie more mede Afrikaans sprekendes.  Hier land ek vanoggend sonder beplanning. Ek is lief vir skryf en somtyds met ‘n tong in die kies sal ek kommentaar probeer uitlok.  Ek skryf ‘n ander blog met die naam “No Bull” waar ek ook kaalkop dinge aanvat. 

Net soos Steve lees ek die Beeld en ‘n paar ander koerante om perspektief te probeer behou. Ek doen dit aanlyn en lees graag die Washington Post, die New York times en ek kyk graag na die Franse, Engelstalige nuus uitsendings op die alternatiewe kanale van DSTV ( Die verniet kanale).

In teenstelling met die algemene opvatting vind ek die Beeld se verslaggewing somtyds redelik goed. Maar dit se ek met tong in die kies.  As ons die moord en doodslag en misdaad uit die koerant haal is daar weinig oor.

As jy nou nog ophou om die gemorspos wat deurgaan as kommentare op berigte te lees en aanvaar dat die papier met ink besoedel is kan dit nie eers vir toilet papier gebruik word nie.  (Jammer Beeld maar partymaal is daar werklik niks nie en die keer stem ek nogal met Steve saam)

Wat bly oor om oor te gesels vanoggend ?  Die Rugby ?  Watter rugby ?

Die Amerikaanse skuld probleem?  Al wat ek weet is dat hulle waarskynlik nie eers besef dat hulle skuld met skuld betaal nie.  Griekeland,O Griekeland hier kom ons.  

n Klomp los gedagtes ……maar nou ja, hou hierdie spasie dop en

“Leef Doelgerig”   overgesetsynde :  (klink partymaal beter in Engels: “Live on Purpose”